Hospitaal

'n Hospitaal is 'n gesondheidsorginstelling wat gespesialiseerde mediese sorg aan pasiënte en ander lede van die publiek lewer.[1] Die bekendste soort hospitaal is die algemene hospitaal, wat gewoonlik 'n noodgevalle-afdeling het om dringende gesondheidsprobleme te behandel, soos byvoorbeeld brand- en ongelukslagoffers of 'n skielike siekte. 'n Distrikshospitaal is gewoonlik die hoof-gesondheidsorgfasiliteit in sy streek, met baie beddens vir intensiewe sorg en ekstra beddens vir pasiënte wat langtermynversorging benodig. Gespesialiseerde hospitale sluit in traumasentrums, rehabilitasiehospitale, kinderhospitale, kraamhospitale, geriatriese hospitale en hospitale vir die hantering van spesifieke mediese behoeftes soos psigiatriese behandeling of sekere siektekategorieë. Gespesialiseerde hospitale kan bydra om die koste van gesondheidsorg te verlaag in vergelyking met algemene hospitale.[2]

'n Opleidingshospitaal kombineer hulp aan mense met vakkundige opleiding van mediese studente en verpleegkundiges. 'n Mediese fasiliteit kleiner as 'n hospitaal word gewoonlik 'n kliniek genoem. Die hospitale het 'n verskeidenheid afdelings (bv. chirurgie en dringende sorg) en spesialiseenhede soos kardiologie.

As 'n reël, en geldend in die meeste lande ter wêreld, kan 'n hospitaal, of hospitaalgroep, óf privaat gefinansier wees (sg. privaatsektor), óf 'n staatsinstelling (in die openbare gesondheidstelsel) wees.

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named who
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named bbc1

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search